Wanneer 'n onderneming goedere aankoop, word die prys wat die onderneming vir die goedere betaal die kosprys genoem.
Die onderneming besluit op 'n winspersentasie. Die wins wat hy wil maak, kan 50%, 75%, 100% of enige persentasie waarop die onderneming besluit, wees. Die winspersentasie word die winsmarge genoem.
Voorbeeld 1:
Alex Handelaars koop goedere vir R4000. Die winsmarge is 50%. Bereken die verkoopprys:
R4000 + 50% = R6000
R4000(kosprys) +R2000 (winsmarge) = R6000 (verkoopprys)
Voorbeeld 2:
Alex Handelaars het 1 tent verkoop teen R840. Die winsmarge is 50%. Bereken die kosprys:
Formule:
Kosprys % = 100% (altyd)
+ Wins % = 50%
Verkoopprys % = 100% + 50% = 150%
verkoopprys / 1 x kosprys % / verkoopprys %
= 840/1 x 100/150
=R560
Voorbeeld 3:
Alex Handelaars het 'n slaapsak verkoop teen R350. Die slaapsak het hulle R200 gekos. Bereken die wins persentasie:
Verkoopprys - Kosprys = Wins
R350 - R200 = R150
Wins/Kosprys x 100/1
150/200 x 100/1
=75%
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Kosprys van verkope en die berekening van winsmarge is absoluut maklik uiteengesit en verstaanbaar.Skoliere en entrepeneurs kan baie voordeel put uit die berekening.
ReplyDeleteOns kan almal nou weer teen 'n wins verkoop!
Ek volg gewoonlik die wiskundige formule hieronder. Dit is basies dieselfde as jou formule, maar kan buite rekeningkunde ook toegepas word......
ReplyDeleteR 840 = 150%
R X = 100%
Dus:
(R 840 * 100) / (R X * 150)
= 84000/150
= 560
As ek my kosprys vir 500 hamburgers R2213.50 is wat is die kosprys van een hamburger?
Deleteek moet 'n taak doen oor maatskappye en is in graad 12. maar ek is op soek na 'n formule om te gebruik om die volgende te bepaal: opbrengs op gewoone aandeelhouersekwiteit. hulle het finansiele state aan my gegee wat ek moet gebruik, maar weet nie wat presies om te gebruik nie... help my asb!
ReplyDeleteAs ek my kosprys vir 500 hamburgers R2213.50 is wat is die kosprys van een hamburger?
ReplyDeleteAs ek my kosprys vir 500 hamburgers R2213.50 is wat is die kosprys van een hamburger?
ReplyDeleteR 4,42 = R4 43
Delete