Monday, March 22, 2010

Kosprys, winsmarge en verkoopprys

Wanneer 'n onderneming goedere aankoop, word die prys wat die onderneming vir die goedere betaal die kosprys genoem.
Die onderneming besluit op 'n winspersentasie. Die wins wat hy wil maak, kan 50%, 75%, 100% of enige persentasie waarop die onderneming besluit, wees. Die winspersentasie word die winsmarge genoem.

Voorbeeld 1:

Alex Handelaars koop goedere vir R4000. Die winsmarge is 50%. Bereken die verkoopprys:

R4000 + 50% = R6000
R4000(kosprys) +R2000 (winsmarge) = R6000 (verkoopprys)

Voorbeeld 2:

Alex Handelaars het 1 tent verkoop teen R840. Die winsmarge is 50%. Bereken die kosprys:

Formule:

Kosprys % = 100% (altyd)
+ Wins % = 50%
Verkoopprys % = 100% + 50% = 150%

verkoopprys / 1 x kosprys % / verkoopprys %

= 840/1 x 100/150
=R560

Voorbeeld 3:

Alex Handelaars het 'n slaapsak verkoop teen R350. Die slaapsak het hulle R200 gekos. Bereken die wins persentasie:

Verkoopprys - Kosprys = Wins
R350 - R200 = R150

Wins/Kosprys x 100/1
150/200 x 100/1
=75%

Back to Basics

Voordat jy weg trek en rekeningkunde probeer doen, gaan terug na die basiese beginsels......Teorie.

Wat bedoel ek by teorie........

Kapitaal is 'n ekwiteit
Voertuie is 'n vaste bate
Skryfbehoeftes is 'n uitgawe
Ontrekkings is 'n ekwiteit
Handelsvoorraad is 'n bedryfsbate.

EBL:

Bates = eienaarsbelang + laste
Eienaarsbelang = bates - laste
Laste = bates - eienaarsbelang
Uitgawes verminder jou eienaarsbelang
Inkomste vermeerder jou eienaarsbelang

My 'old time favourite':

Dt. Kt.
+ B -
+ U -
- I +
- L +
- E +
B: BATES
U: UITGAWES
I: INKOMSTE
L: LASTE
E: EKWITEIT